4/11/11

Passop vir liefde


09/02/2009
RYNO ELLIS


In haar liedjie Stille Waters vra Laurika Raugh
retories, “wie sal ooit die liefde kan verstaan?”
Sy sê ook, “onder draai die duiwel rond”. Sy
praat baie waarhede in hierdie liedjie en mens
moet altyd op jou hoede wees vir liefde en die
moeilikheid wat saam met dit kom.

Ek het met HK dogters van ʼn paar
meisieskoshuise gaan praat wat al kenners
is rakend mans en hul streke op Universiteit.
Hulle het vriendelik hul advies gedeel in die
hoop om te verhoed dat eerstejaar meisies in
die lokvalle gevang sal word wat op hulle pad
wag.

Thato Rakhale, HK lid by Erika koshuis,
sê dat liefde op die oomblik nie regtig in haar
lewe bestaan nie, maar sê streng dat meisies
hulle hart goed moet beskerm. Sy waarsku
ook dat meisies veral moet oppas vir Kollege
manskoshuis. Dan sê Anelle Smit, van Jasmyn,
dat eerstejaarmeisies moet oppas vir ouens met
ʼn gladde bek (veral van Boekenhout). Hulle
moet ook bedag wees vir die, “kom ek wys jou
my ketel” frase. Dan laastens deel Michelle du
Toit, van Asterhof, mee dat hulle gewaarsku is
oor Sonop en voltooi in een maklike sin presies
wat sy glo elke meisie moet weet, “Mans is
wolwe, passop!”

So mens moet liefde geniet wanneer dit jou
kant toe kom maar dit kan net goed wees om
gereed te wees vir die hartseer wat dit net dalk
mag bring, want selfs ou wyse Laurika waarsku
ook, “dis nie alles maanskyn en rose nie.”

No comments:

Post a Comment