4/10/11

HK-lede vir 2009


8 SEPTEMBER 2009
RYNO ELLIS


Die nuwe HK-lede van al die koshuise is onlangs aangekondig en hoewel daar ʼn misverstand by Maroela was, het die verkiesings andersins goed afgeloop.

Nadat die nuwe voorsitter van Maroela, Louis Tromp, aangekondig is, was daar gerugte dat die stemresultate mee gemors is omdat die stemboks glo nie reg geseël is nie. Tromp se opposisie het toe aangedring dat daar weer gestem moet word. Die stemme is weer getel en Tromp is weer verkies. “Ek was seker dat alles eerlik was, maar ons moes die mense gerusstel en reël dat almal weer stem,” het Tromp oor die insident gesê. Die voormalige voorsitter van Maroela, Berrange Nelson, het ook benadruk dat alles uitgesorteer is en dat die regte persoon as die nuwe voorsitter van Maroela nou gekies is.

Elsje Blignaut, VSR-lid vir koshuise, het gesê dat die verkiesings regtig dié jaar vlot verloop het. Blignaut voel ook sterk dat die HK-lede wat hierdie jaar gekies is net die beste vir hul spesifieke poste is en dat hul baie het om hul koshuise te bied.

Die voormalige voorsitter van Boekenhout, Christof van Zyl, voel dat hulle verkiesing goed verloop het en hy het volle vertroue in die nuwe HK-lede. Van Zyl sê verder dat hulle nuwe voorsitter, Henk Otto, ʼn uitstekende leier is.

Bernadette Leodolff, voormalige voorsitter van Jasmyn, het ook gesê dat die verkiesings wonderlik verloop het en dat die nuwe HK-lede ʼn reuse sukses gaan wees en vernuwing vir Jasmyn gaan bring.

No comments:

Post a Comment